Tuisblad African Grey inligting Kontak ons Kontak besonderhede Hier is ons
Tuisblad
African Grey inligting
Kontak ons
Kontak besonderhede
Hier is ons
Produkte
Aanbiedinge
Dienste
 If you have any feedback on how we can make our new website better please do contact us. We would like to hear from you.
pkwekery@mweb.co.za
 

African Grey pappagaaie is uiters intelligent, kan woorde herhaal en verstaan. Grys pappagaaie kan in twee groepe verdeel word naamlik die African Grey (Psittacus erithacus erithacus), meer algemeen bekend as die rooistert African Grey, en die kleiner spesie genaamd die Timneh African Grey (Psittacus erithacus timneh). Die “rooistert” kan uitgeken word aan sy helder rooi stert en sy heeltemal swart snawel. Beide spesies het ‘n kaal wit gesig en die “rooistert” het helder geel oë. Hulle vere vervaardig wit poeier en baie van die vere het wit randjies. Die “rooister” Grey se grys kleur kan baie verskil van voël tot voël, donker tot baie lig afhangende van waar sy voorsate hul oorsprong  het. Kleur bepaal nie geslag by beide spesies nie. Albei spesies kan ewe goed kommunikeer en leer.

Die Timneh Grey is gewoonlik donkerder van kleur, die iris van die oë is meer silver as geel en die stert het donker bruin vere oor rooi wat dit ‘n wynrooi gloed gee. Van daar die naam “maroon stert” Grey. Timnehs is gewoonlik ook meer aktief as “rooisterte”, kan vroeër leer praat, sal nie maklik meer as een keer vir ‘n bepaalde gebeurtenis skrik of maklik ‘n vere pluk / kou gewoonte aanleer nie.

African Greys leer maklik goeie en slegte gewoontes aan. Hulle kan ook kommunikeer sonder om te praat of geluide te maak deur hulle oë op skrefies te trek, die nek vinnig op en af te beweeg, die stert te skud, die vere te pof, die kop te kantel, ens. Hulle is routine vas en het voorkeure en afkeure vir sekere voedsel soorte, saad en ander. African Greys is nie onafhangklik tot hulle ongeveer 24 maande oud is nie.

Die pappagaaie sal ook makliker leer praat by ‘n teenstaander as by sy gunsteling persoon. Derhalwe moet die voël daarteen beskerm word om onwenslike taal by ander voëls of hanteerders aan te leer. ‘n African Grey moet soos ‘n kind in die huis behandel word. Hy moet nooit gestraf word deur hom met die vinger te skiet, te slaan of natgespuit te word nie. Hy moet geprys word vir goeie gedrag of wanneer hy iets leer by sy leermeester. Greys wat goed hand grootgemaak is sal maklik leer.

Die African Grey se goeie gedrag wat ons as ‘n bevredigings aksie interpreteer is in derwaarheid sy begeerte om aan ‘n swerm te behoort. Soos wat die voël ouer word sal hy meer selfsugtig word. Hulle besit instinktiewe gedrag wat vroeg reeds afgeleer moet word omdat sekere van die gedrag nie in die huis welkom sal wees nie. As dit nie aangespreek word nie sal dit baie vinnig die oorhand oor sy gedrag kry. Wanneer ‘n handgrootgemaakte Grey sy nuwe tuiste kry sal hy sy bes doen om ‘n produktiewe lid van sy nuwe “swerm” te word. Derhalwe sal hy sy area in ‘n nes probeer verander deur hout en ander voorwerpe te kou en hy sal sy “swerm lede” roep. Derhalwe sal u vind dat hy gesinslede roep sodra hulle die vertrek verlaat en hy sal ander geluide probeer oordonder. Daarom is dit belangrik dat die voël se aandag afgetrek word van die aktiwiteite deur hom te hanteer. Wanneer hy nie aandag kan kry nie moet hy iets in sy leefarea hê wat hy kan gebruik om die sosiale instink uit te leef soos byvoorbeeld hout speelgoed wat hy kan stukkend byt.

‘n African Grey sal tussen die ouderdom van 4 en 7 maande ten volle “gespeen” wees. Tussen 8 en 10 weke na die voël self begin eet het is die beste tyd om hom na ‘n nuwe tuiste te stuur. ‘n Voël wat ouer as 9 maande is sal moeiliker aanpas alhoewel voëls ouer as dit al suksesvol oorgeplaas is. Die eerste 6 maande in die voël se lewe is van kardinale belang omdat dit die basis van sy gedrag sal bepaal. Daarom is dit belangrik om ‘n Grey van ‘n teler te koop wat van die eerste dag af die voël reg opvoed. Ongewensde gedrag moet onmiddelik aangespreek word.

As al die regte metodes gevolg word om die African Grey reg op te voed sal u vind dat hy ‘n lewenslange metgesel word wat ure se ontspanning kan bring.

Site Map